Lewensredders deur jellievisse en bloublasies besig gehou

Lees ook :

Foto's: Mossel Bay Municipality

WES-KAAP. – Lewensredders het ‘n totaal van 2 744 noodhulpvoorvalle as gevolg van jellievisse en bloublasies op verskeie strande in die Mosselbaai-omgewing in ‘n verslag vir die tydperk 1 Des. 2024 tot 5 Januarie 2025 aangeteken.

Mosselbaai munisipaliteit sê die lewensredders het altesaam 3 137 noodhulpvoorvalle gehad, waarvan 2 744 vir die onaangename steke van hierdie seekreature was. Die steke is wel nie dodelik nie, maar kan branderigheid, rooiheid, naarheid, spierspasmas en selfs lae bloeddruk veroorsaak. Strandgangers kan op land sowel as in die seewater met jellievisse en bloublasies te doen kry.

Noodhulp word aanbeveel om die steek van ‘n jellivis of bloublasie te behandel. Urine, soos die gebruiklike raad is, kan egter die situasie vererger. Die steekplek moet eerder vir ongeeer 10 minute met 5% asynsuur gespoel word voordat die tentakels verwyder word. Seewater kan ook oor die plek gespoel word om oorblywende tentakels te verwyder. Om pyn te verminder, kan die geaffekteerde area vir 30 tot 90 minute in warm water gedompel word. Verwyder oorblywende tentakels met ‘n haartangetjie. Skeer die area met ‘n skeermes en skeerroom en plaas daarna ‘n room wat hidrokortisoon bevat, aan. Hou dop of enige allergiese reaksies of infeksie ontstaan. Warmpakke van 45 grade kan vir pyn gebruik word. Wanneer ‘n groot area betrokke is en tekens van naarheid, braking, swakheid, kortasemheid of borspyn kop uitsteek, moet die pasiënt liefs na ‘n hospitaal geneem word.

Sou tentakels in die mond beland, moet daar met enige drinkbare vloestof gespoel en dit uitgespuug word. Indien swelling voorkom, moet niks ingeneem word nie, die lugweg moet beskerm word en daar moet by ‘n hospitaal uitgekom word.

Bronne: Mosselbaai-munisipaliteit, asook Jellyfish in Cape Town: What You Need to Know and How to Treat Stings – Dive Team – Cape Town en Jellyfish Stings | DAN Southern Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief