‘Mensehandelsindikaat’ in sy spore gestuit

Lees ook :

Foto: Valke Gauteng

GAUTENG. – ‘n Beweerde mensehandelsindikaat is Donderdagaand in Sandringham, Johannesburg, ontbloot. 15 nakende persone, vermoedelik Ethiopiërs, is in ‘n huis aangetref. Nog 11 slagoffers moes mediese hulp ontvang.

Kol. Philani Nkwalase van die Valke sê ‘n gesamentlike operasie tussen die Sandringham-polisie, Gauteng-Valke, Johannesburg-metropolisie (JMPD) en ‘n privaat veiligheidsmaatskappy, het tot dié sukses gelei. ‘n Wenk is omstreeks 21:00 van bure oor verdagte aktiwiteit by ‘n huis in Lusterstraat ontvang. Met aankoms is die slagoffers aangetref.

Die voorlopige ondersoek dui aan die slagoffers het ‘n venster en diefwering gebreek en uit die huis waar hulle aangehou is, ontsnap. Sommige was in die gebied naby die misdaadtoneel, maar ander het gevlug. ‘n 9 mm Tokarev-pistool en ‘n magasyn sonder ammunisie is deur die polisie gekonfiskeer. Die 26 ongedokumenteerde persone word geprosesseer om hulle status vir hulle aanwesigheid in Suid-Afrika as slagoffers van mensehandel vas te stel.

“Die publiek word versoek om enige persoon wat sonder klere in die area gesien word by die owerhede aan te meld, aangesien hulle met die voorval verbind kan word.”

Nkwalase sê drie verdagtes is op aanklag van beweerde mensehandel en die onwettige besit van ‘n vuurwapen in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief