Lees ook: Suid-Koreaanse president kan pos kwyt wees oor krygswetbevel
SUID-KOREA. – Die Suid-Koreaanse konstitusionele hof het met die verhoor begin om te besluit of die geskorste president Yoon Suk Yeol uit sy pos verwyder moet word.
Dit volg na Yoon Suk Yeol in Desember geskok het deur ‘n krygswetbevel vir ses uur in te stel. Hy is in Desember geskors na lede van sy eie party saam met die opposisie gestem het dat hy uit sy pos verwyder moet word.
Yoon Suk Yeol het nie by die hof opgedaag nie, wat veroorsaak het dat die saak tot Donderdag uitgestel is. Sy prokureurs het gesê hy het vir sy eie veiligheid nie opgedaag nie omdat daar ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is op aparte aanklagte van ‘n insurreksie.
Bronne: BBC, NDTV, CNN
Lees ook: Suid-Koreaanse president kan pos kwyt wees oor krygswetbevel




