Senior offisier van Valke op klag van korrupsie gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Brig. Mapome Mohajane, verbonde aan die hoofkantoor vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (DPCI), oftewel die Valke, is vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem. Na ‘n hofverskyning vanoggend is die beskuldigde borg van R10 000 toegestaan.

Kol. Katlego Mogale sê die offisier word daarvan aangekla dat hy probeer het om ‘n polisie-ondersoekbeampte wat betrokke is by ‘n saak teen ‘n raadslid in een van die streke in Limpopo te beïnvloed. Die beskuldigde het op 14 Januarie 2022 ‘n kollega genader en gevra om die raadslid teen wie daar ‘n kriminele ondersoek is, te help.

“Die klaer, wat die ondersoekbeampte in die saak is, is in ruil vir sy hulp tenders en toekomstige gunste belowe. Die senior beampte het verder glo aangebied om sy kontakte by die polisie se hoofkantoor te gebruik om bevordering vir die klaer te verseker as hy hom sou help.”

Nadat die ondersoek voltooi is, is die polisie-offisier van korrupsie aangekla en het vandag (Woensdag) in die Bela-Bela-landdroshof voorgekom. Die saak is tot 26 Maart uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief