Lees ook: Israel en Hamas naby aan skietstilstandooreenkoms
SOEDAN. – Sowat 120 mense is dood na aanvalle op die Dar-Salam-gebied in Omdurman, Soedan.
‘n Burgeroorlog, waarin duisende mense dood is, woed die afgelope 21 maande in Soedan. Meer as 12 miljoen mense is verplaas en die land is op die rand van hongersnood.
Die oorlog het begin toe die leierskap van die weermag en die Rapid Support Forces begin baklei het oor die rigting wat die land in die toekoms moet inslaan.
Die Rapid Support Forces beheer die hoofstad en deel van Khartoem terwyl die weermag die grootste deel van Omdurman beheer.
Dit is onbekend wie verantwoordelik vir die aanval was. Die dodetal sal moontlik nog styg.
Bronne: BBC, The Standard, NDTV





