Israel en Hamas naby aan skietstilstandooreenkoms

Lees ook :

Israel en Hamas naby aan skietstilstandooreenkoms fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel en Hamas besig met samesprekings oor skietstilstand

QATAR. – Israel en Hamas is glo naby aan ’n skietstilstandooreenkoms met onderhandelaars van Katar wat die samesprekinge fasiliteer. Dit is die eerste keer dat onderhandelaars van Hamas en Israel in dieselfde gebou indirekte samesprekinge hou.

Die Amerikaanse president Joe Biden het gesê ’n ooreenkoms is baie naby en dat sommige Israeliese gyselaars onmiddellik vrygelaat kan word sodra ’n ooreenkoms bereik is.

Hamas het ingestem om drie gyselaars vry te laat op die eerste dag van die ooreenkoms, waarna Israel hulle weermag uit dele van Gaza sal begin onttrek.

Na sewe dae sal Hamas nog vier gyselaars vrylaat en Israel sal mense in die suide van Gaza toelaat om te voet terug te keer na hulle huise in die noorde. Israel sal 1 000 Palestynse gevangenes vrylaat in ruil vir die vrylating van nog 34 gyselaars wat deur Hamas gevange gehou is.

Die eerste fase sal 42 dae neem en onderhandeling vir die tweede en derde fases sal op die 16de dag na aanvang van die skietstilstand begin.

Bronne: BBC, The Independent, Daily Mail

Lees ook: Israel en Hamas besig met samesprekings oor skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief