Lyfie-sangeres en man se eie ‘lyfie’ gebore

Lees ook :

Foto's: Jannes Erasmus

Bernice West, Lyfie-sangeres, en haar man, Jannes Erasmus, akteur en skrywer, se babadogter Lua is Dinsdag op die egpaar se huweliksherdenking gebore.

Op 12 Januarie het die egpaar nog in afwagting van hulle baba hulle kamera en stoel in die babakamer uitgetoets en na twee dae het Baba Erasmus haar verskyning gemaak. Lua is Saterdag op sosiale media aan die wêreld bekendgestel.

Mamma Bernice sê sy verstaan nou waarom ouers ‘n slaaptekort ervaar, omdat hulle nie kan ophou staar na hulle kleinding nie.

Lees die aankondiging hier onder:

14/01/2025 – Lua Erasmus 🤍

Hierdie jaar lyk my en Jannes se Huweliksherdenking klein bietjie anders, want Momma B & Pappa J has entered the Parental chat, unexpectedly 💬🥹

Daar is nie woorde wat hierdie gevoel kan opsom nie … die emosies, golwe van liefde, skok, excitement, geluidjies en geselsies is iets wat nie ek of Jannes kan beskryf nie.

Ek en Jannes het die afgelope paar dae besluit om net elke liewe oomblik in te neem en op te soak! As ons vir die horlosie kyk is daar ‘n paar ure om waarvan helfte daarvan net was om vir haar te staar… ek dink ek verstaan nou hoekom ouers sleep deprived is, want die view is net te mooi om jou oë toe te maak!

Dankie vir elke boodskap voor haar aankoms, vir al die liefde & dat julle ons ook kans gee om net te kan wees in die oomblik!

Ek en Jannie gaan vir seker ons tyd vat om hierdie net nog meer in te neem en uit te figure.. maar vir eers:

Wêreld – Lua

Lua – Wêreld …

Aangename kennis, sy is hier 🫶🏼

PS: Jannes Erasmus het die family shoot gedoen en hy & sy kamera is nou beskikbaar vir enige shoots📸👆🏼

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief