Lees ook: Netanyahu waarsku Israel het ‘die reg’ om Gaza weer aan te val
GAZA. – Drie gyselaars wat op 7 Oktober 2023 deur Hamas ontvoer is, is vrygelaat en Israel het 90 Palestynse gevangenes vrygelaat. Die skietstilstand tussen die twee vyandige groepe het amptelik gister begin met die vrylating van die gyselaars.
Drie vrouens, Romi Gonen, Doran Steinbrecher en Emily Damari, is gister vrygelaat. Hulle is die eerste van 33 gyselaars wat in die eerste fase van die skietstilstand vrygelaat sou word.
Die vrouens is na die Sheba- mediese sentrum in Tel Aviv geneem vir waarnemng en al drie is in ‘n stabiele toestand gevind.
Hamas het gesê hulle sal hou by die skietstilstand, maar as Israel dit oortree, sal dit die proses en lewens van die gyselaars in gevaar stel.
Drie ministers in Israel het uit weerstand teen die skietstilstand bedank. Die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ure voor die skietstilstand ingestel is gesê dit is Israel se “reg” om Gaza weer aan te val as die samesprekings vir die tweede fase van die skietstilstand faal.
Bronne: Daily Maverick, The Independent, BBC
Lees ook: Netanyahu waarsku Israel het ‘die reg’ om Gaza weer aan te val





