Verdagte wat verpleegters ‘beroof, ontvoer en verkrag’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: Departement van Gesondheid (Bophelong)

LIMPOPO. – ‘n Deurbraak is gemaak nadat twee verpleegsters aan diens in die Chuene-kliniek beroof, ontvoer en verkrag is. Die polisie het ‘n verdagte (27) gearresteer, wat vandag (Maandag) in die landdroshof op Polokwane (Pietersburg) sal verskyn.

Dr. Phophi Ramathuba, premier van Limpopo, sĆŖ in ‘n verklaring saam met Ndavhe Ramakuela, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die provinsie; Thilivhali Muavha, woordvoerder vir die premierskantoor en brig. Hlulani Mashaba van die SAPD, die verdagte is in die Feke-woonbuurt in Ga-Maja by sy huis gearresteer nadat inligting ontvang is.

Met die voorlopige ondersoek het aan die lig gekom die verdagte word glo aan meer as 10 ernstige misdade in die Lebowakgomo-gebied gekoppel. Dit sluit die roof by die kliniek, huisroof en poging tot moord in Ba-Molepo op die nag van 17 Januarie in, asook ‘n poging tot sakeroof by Ga-Taba, sowel as ‘n huisroof en verkragting in die Fynbos-woonbuurt op die R37.

Met die verdagte se inhegtenisneming het die polisie op ‘n 9 mm-pistool met ammunisie, wat tydens ‘n huisroof van ‘n polisievrou gesteel is, beslag gelĆŖ. Addisionele gekonfiskeerde items sluit skootrekenaars, slimfone, ‘n panga en kontant in. Die verdagte sal op onder meer aanklagte vir die besit van gesteelde eiendom in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort en meer aanklagte kan bygevoeg word.

“Ons primĆŖre bekommernis bly die welstand van die slagoffers en die breĆ«r gemeenskap. Die aanval op die Ga-Chuene-kliniek was nie net ‘n skending van die verpleegsters en personeel nie, maar ook ‘n direkte aanslag op die verskaffing van gesondheidsorgdienste in ons provinsie.”

Na die insident was die kliniek vir pasiƫnte gesluit, wat noodgedwonge vir mediese hulp by nabygeleƫ gesondheidsdiensfasiliteite moes aanklop. Diegene wat deur die voorval getraumatiseer is, het sielkundige hulp ontvang.

Die veiligheid van mediese werkers in hulle werksplek is ‘n prioriteit en veiligheidsmaatreĆ«ls by klinieke en hospitale in die provinsie sal versterk word. Die gemeenskap word versoek om kriminele elemente in hulle omgewing uit te roei, deur hulle aan wetstoepassingsowerhede te rapporteer.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief