KYK: Pasgeborene uit puttoilet gered

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal JMPD

GAUTENG. – ‘n Pasgeborene is Saterdag in Diepsloot uit ‘n puttoilet gered. Die gemeenskap het die ma uitgewys, waarna sy (19) en die baba vir mediese behandeling na die Rahima Moosa Mother and Child Hospital geneem is.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder vir die Johannesburg-metropolisie (JMPD), sê beamptes het op ‘n noodroep van ‘n gemeenskapslid reageer oor ‘n baba wat in ‘n geventileerde, verbeterde puttoilet in Uitbreiding 11 gevind is. Met aankoms op die toneel is hulle deur inwoners saam met die Stad Johannesburg se noodbestuurspan na die ma gelei.

Fihla sê die vrou het tydens ondervraging erken sy het die baba in die toilet gesit. Die ma en baba is daarna vir mediese hulp geneem. Die insident word deur die relevante wetstoepassingsowerhede ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief