Leerlingraad was groentjies se voete

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe van video Potchefstroom Gimnasium

Skermgrepe aan onderkant van berig.

NOORDWES. – Potchefstroom Gimnasium se leerlingraad het die gr. 8-leerlinge se voete gewas met ‘n tradisie om volwaardig deel van die skool te word.

Gimmies beskryf die voetewas-tradisie wat die Gimmie-word-naweek afsluit, as spesiaal, rou en emosioneel. Die leerlingraad het dié optrede met die Bybelse daad waarin Jesus Sy dissipels se voete gewas het, vergelyk en só gewys hulle gee vir die nuwe groentjies in die skool om.

Kyk die video-opname hier.

Lees die volledige sosialemediaplasing hier onder:

Dit was rou, emosioneel en BAIE spesiaal.

Die Gimmieraad het die voetewas-tradisie voortgesit en die graad 8’s van 2025 se voete gewas. Wow, wat ’n ongelooflike spesiale wyse om die Gimmie-word-naweek af te sluit.

In die Bybel word ook na die nederige daad om iemand se vuil voete te was, verwys. Jesus het gekies om Sy dissipels se voete te was. Met dié gebaar wou die Gimmieraad vir die graad 8’s wys dat hulle vir hul omgee en hulle wil dien.

Die boodskap aan die graad 8’s was om altyd nederig te bly en diensbaar te wees. Was mekaar se voete, lig mekaar op en bereik saam hoër hoogtes. Fokus op God se plan en trap diep spore waarin ander kan volg.

Graad 8’s, mag hierdie die begin van ’n mooi en geseënde jaar vir julle wees.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief