Mense ontruim na brande in San Diego, VSA

Lees ook :

Mense ontruim na brande in San Diego, VSA fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds

SAN DIEGO, VSA. – Mense is ontruim na brande gisteraand in San Diego, VSA uitgebreek het. Sowat 86 mense is ontruim en twee strukture is beskadig na ’n brand in Bonsall, ’n klein gemeenskap 45 minute noord van San Diego, ontstaan het.

Dinsdag het ten minste nog twee brande uitgebreek, wat vererger is deur sterk winde en droë omstandighede.

Twee brande in die Palisades- en Eaton-gebiede in Los Angeles is steeds nie geblus nie. Sowat 15 000 strukture is in dié brande vernietig en minstens 28 mense is oorlede.

Daar is kommer dat die brande nog sal versprei of dat nuwe brande kan begin.

Bronne: USA Today, Fox News, Times of San Diego

Lees ook: Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief