Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds

Lees ook :

Dodetal in Los Angeles-brande styg fotokrediet: X

Lees ook: Los Angeles-brande versprei na Hollywood Hills

LOS ANGELES, VSA. – Minstens 24 mense is in Los Angeles dood na brande verlede week na ’n windstorm uitgebreek het.

Sowat 16 mense word steeds vermis en die dodetal sal na verwagting nog styg.

Brandweermanne kon gister die meeste van die brande blus te danke aan die wind wat effe bedaar het, maar waarskuwings vir erge wind en brandgevaar geld steeds.

Duisende huise is vernietig en daar is nog 150 000 mense wat nie mag terugkeer na hulle huise voor die waarskuwings nie gelig is nie.

Misdaad het ook hier kop uitgesteek. Mense is vir plundery in hegtenis geneem, insluitend twee wat as brandweermanne voorgegee het om by huise in te gaan.

Bronne: The Independent, Sky News, CompuServe

Lees ook: Los Angeles-brande versprei na Hollywood Hills

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief