Sewe beseer toe struktuur in Tongaat meegee

Lees ook :

Foto's: IPSS Medical Rescue

Nog foto’s onder in berig.

KWAZULU-NATAL. – Sewe persone het Saterdagmiddag ernstige tot kritieke beserings opgedoen toe ‘n struktuur in ‘n fabriek naby King Shaka-lughawe op die R102 inmekaargestort het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê dié diens en verskeie ander dienste was op die toneel van die konstruksieterrein waar die steierwerk meegegee het. Vyf beseerde persone is op die grond aangetref, terwyl nog twee in hulle harnasse van die dak gehang het.

‘n Kritiek beseerde persoon op die grond is op die toneel gestabiliseer en daarna met ‘n Netcare 911-helikopter na ‘n vlak 1-traumafasiliteit gevlieg. Vier van die ander beseerdes op die grond is ernstig beseer en is vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale vervoer.

Meyrick sê die twee ernstig beseerde persone wat aan die dak gehang het, is met behulp van ‘n hidrouliese hyskraan en ‘n tousisteem na wagtende paramedici gesak. Beide is in ‘n ernstige toestand in die sorg van gevorderde lewensondersteunende paramedici na hospitale geneem.

Dié diens bedank IPSS Search and Rescue Tongaat, Netcare 911, Durban-metropolisie se soek-en-reddingseenheid, die polisie se soek-en-reddingeenheid, Tongaat-brandweerdienste, START Rescue, NSRI en Reaction Unit South Africa vir hulp op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief