Matriek en plankie sit teddiebeer-tradisie voort

Lees ook :

Foto: C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

VRYSTAAT. – Chandré van Zyl in gr. 12 van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje het Vrydag ‘n teddiebeer aan Estelle van Rooyen, haar “plankie”, oorhandig. Dis egter nie net ‘n gewone teddiebeer nie.

In ‘n sosialemediaplasing word gesê die teddiebeer, geklee in ‘n pampoenrok, is deel van ‘n 12-jaar-lange tradisie wat tussen matrieks en hulle plankies bestaan. Die opdrag tydens die oorhandiging was duidelik: die tradisie moet voortleef.

Estelle sal die teddiebeer oor vier jaar weer aan haar plankie oorhandig.

Michelle Britz het in 2013 die tradisie begin en ‘n teddiebeer aan Simoné Coetzee gegee en gesê: “Hierdie is joune, maar gee dit oor 4 jaar vir jou plankie.” Simoné het die teddiebeer in 2017 aan Karlien du Plessis gegee. In 2021 het Chandré van Zyl die beertjie van Karlien gekry en Chandré het dit nou aan Estelle gegee.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief