SA-weermaglede sterf in die DRK

Lees ook :

Foto: SANDF

INTERNASIONAAL. – Altesaam nege weermaglede van die SANW het Donderdag en Vrydag in ‘n aanval, wat twee dae geduur het, in Goma, in die ooste van die DRK, gesterf.

Van die afgestorwenes is sewe SAMDIRC-lede, wat gedurende Desember 2023 in die gebied ontplooi is. Twee was deur MONUSCO ontplooi. Die SANW is in proses om doodsbookskappe aan die gestorwe lede se families te bring. Dit is nog onbekend hoeveel weermaglede in die aanval beseer is.

Volgens ‘n verklaring deur die SANW wou die M23-rebellegroep die stad Goma inneem, maar die oorname kon afgeweer word.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief