INTERNASIONAAL. – Altesaam nege weermaglede van die SANW het Donderdag en Vrydag in ‘n aanval, wat twee dae geduur het, in Goma, in die ooste van die DRK, gesterf.
Van die afgestorwenes is sewe SAMDIRC-lede, wat gedurende Desember 2023 in die gebied ontplooi is. Twee was deur MONUSCO ontplooi. Die SANW is in proses om doodsbookskappe aan die gestorwe lede se families te bring. Dit is nog onbekend hoeveel weermaglede in die aanval beseer is.
Volgens ‘n verklaring deur die SANW wou die M23-rebellegroep die stad Goma inneem, maar die oorname kon afgeweer word.
Lees die volledige verklaring hier onder:
