Lees ook: NTSB waarsku oor Boeing 737-vliegtuie
NIGERIË. – ’n United Airlines-vliegtuig moes kort na dit opgestyg het ’n noodlanding maak toe die vliegtuig skielik ‘n onverwagse rukbewing gemaak het.
Die Boeing 787-8-vliegtuig het Donderdagaand met 245 passasiers en 11 bemanningslede opgestyg vanaf Lagos op pad na Washington, maar moes na 93 minute na Lagos terugvlieg.
Die vliegtuig het onverwags ‘n rukbeweging in die lug gemaak en vier passasiers en twee lugwaardinne is beseer toe kos, skinkborde en persoonlike items deur die lug gevlieg het. Hulle is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling en is weer ontslaan.
Dieselfde vliegtuig moes ook Dinsdag ’n noodlanding maak na dit 89 minute in die vlug in skielik 1 000 voet in die lug geval het.
Dit is onbekend of die twee voorvalle aan mekaar verwant is.
Four passengers and two crew members seriously injured after United Airlines flight makes emergency return landing in Lagos due to a "technical issue".
— Breaking Aviation News & Videos (@aviationbrk) January 24, 2025
UA613, a Boeing 787-8 Dreamliner, initially bound for Washington Dulles International Airport, had 245 passengers, eight flight… pic.twitter.com/xiy5Qkg4vq
Bronne: Daily Mail, The Mirror, The Sun
Lees ook: NTSB waarsku oor Boeing 737-vliegtuie





