NTSB waarsku oor Boeing 737-vliegtuie

Lees ook :

NTSB waarsku oor Boeing 737-vliegtuie
NTSB waarsku oor Boeing 737-vliegtuie fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing land oor noodgeval tydens vlug

Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) het ‘n dringende waarskuwing uitgereik oor ‘n probleem met Boeing 737-vliegtuie.

Die NTSB is besig om ‘n voorval te ondersoek waar die roerpedale (rudder pedals) in die neutrale posisie “vasgesit het” tydens ‘n landing in Newark. Volgens hulle kan die pedale vassit op van die 737-vliegtuie as daar vog in die aandrywers beland en vries.

Boeing is aangemoedig om die bemanning oor die probleem te waarsku en om die bemanning te leer wat om in sulke situasies te doen.

Die NTSB het ook gesê die Federale Lugvaartadministrasie moet ondersoek of die aandrywers verwyder en vervang moet word.

Bronne: Daily Mail, CNN, 9News

Lees ook: Boeing land oor noodgeval tydens vlug

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief