Nog weermaglede sterf in die DRK

Lees ook :

Foto: SANDF

INTERNASIONAAL. – Nog vier SA-weermaglede het in die DRK gesterf. Die SANW het so pas bekendgemaak drie van sy lede het Maandag tydens ‘n mortierbomaanval van die M23-rebelle op die Goma-lughawe gesterf.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die SANW, sê boonop is ‘n lid wat beseer is in die aanval deur M23-rebelle wat oor die laaste dae geduur het, aan beserings in die hospitaal dood.

“Die SANW bly ten volle verbind tot sy vredesbewaringsverantwoordelikhede.”

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief