Brekende Nuus
Afrikaans

‘Weermaglede het nié aan rebelle oorgegee nie’ sê SANW

Foto: Skermgreep van video-opname in berig
Foto: Skermgreep van video-opname in berig

INTERNASIONAAL. – Die SANW sê weermaglede het nie soos wat in ‘n video op sosiale media voorgestel word, aan M23-rebelle oorgegee nie.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder vir die SANW, sê die wit vlag wat gehys word, is nadat besprekings tussen opposisiemagte bereik is, sodat M23 hulle oorledenes en beseerdes in die gebied van die basis kon verwyder. SANW-lede sal ook op die roete toegang na mediese fasiliteite kan kry.

“Dit is algemene praktyk in enige oorlog.”