Kinders om vuur beseer toe houer ontplof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Vier kinders is met brandwonde vir mediese behandeling na hospitale geneem toe ‘n houer met bensien ontplof het toe ‘n tienermeisie dit glo in ‘n vuur gegooi het.

Adj.off. Mmako Mophiring sê die polisie het ‘n navraagdossier geopen wat ondersoek word. Na bewering het die tienermeisie op ‘n vuur buite ‘n huis in Ha-Rankopane-woonbuurt in Qwaqwa kos gemaak en gesukkel om die vuur met nat hout aan die gang te kry. Sy het daarop glo ‘n plastiekhouer, wat sy gedink het paraffien bevat, in die huis gaan haal en in die vuur gegooi. Die houer het ontplof en vier kinders van bure, wat om die vuur gesit het, het gebrand.

Hulle is vir mediese hulp na hospitale geneem. Die tienermeisie is nie beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief