Verpleegsters van kliniek verkrag – verdagte ook vir ander sake in hof

Lees ook :

Foto: Departement van Gesondheid (Bophelong)

NOORDWES. – Moloto Johannes Sathekge (28) staan nie net vir die beweerde ontvoering en verkragting van verpleegsters tereg nie, maar ook vir verskeie ander aanklagte, wat poging tot moord en 10 van roof met verswarende omstandighede, insluit.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê Sathekge het op aanklagte van poging tot moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, twee van ontvoering, vier van verkragting, drie van inbraak met die doel om ‘n misdaad te pleeg en 10 van roof met verswarende omstandighede, voorgekom. Sathekge sou tussen Desember 2024 en Januarie 2025 die huise van vroue in die Ga-Chuene en Ga-Maja-woonbuurte betree en waardevolle items, soos selfone, skootrekenaars en geld, eis. Verdere beweringe is dat hy glo die slagoffers met ‘n panga gedreig en hulle minderjarige kinders seksueel aangerand het.

Tydens die misdade by die kliniek, het Sathekge glo die perseel betree, die veiligheidswag met ‘n vuurwapen gedreig en geboei, waarna hy die twee verpleegsters ontvoer het. Die verpleegsters is na bosse geneem, verkrag en van hulle selfone beroof. Die slagoffers kon daarin slaag om na die kliniek terug te keer. Tydens die ondersoek is Sathekge aan die misdade verbind. Toe hy gearresteer is, was hy reeds vir ‘n onverwante insident in polisie-aanhouding.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 9 April uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief