Nege voertuie in een aand deur ysterpenne en klippe beskadig

Lees ook :

Foto's: Chandré N14 Emergency Report Spiking Pretoria to Krugersdorp WA-groep

GAUTENG. – Altesaam nege voertuie is Vrydagaand alleen deur skerpgemaakte ysterpenne en klippe op paaie rondom Pretoria beskadig.

Volgens LiveTraffic is een van die slagoffers wat ‘n band geruil het, beroof. Al die slagoffers is aangeraai om kriminele sake by die polisie oop te maak. Dit is belangrik sodat wanneer ‘n verdagte(s) aangekeer word, daar wel geregistreerde sake is om ‘n vonnis te verseker.

Vyf voertuie het tussen Witbank en Bronkhorstspruit deurgeloop. Nog ‘n voertuig is op die N1 naby die Doornpoort-tolplaza, een voertuig op die N1 naby die Petroport, een voertuig op die N4 Bakwena-hoofweg naby die R80, een voertuig naby die Brits-tolplaza en een voertuig by die Bossemanskraal-afrit in die rigting van Pretoria beskadig.

LiveTraffic het al die persone van veiligheidsmaatskappye, Bakwena, TracN4, die SAPD en Tshwane-metropolisie vir die voortdurende poging om die paaie te probeer veilig hou, bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief