Jong man in hof na 3-jarige van rottegif sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Verdagte jong man (18) van Orange Farm het Dinsdag op aanklag dat hy sy 3-jarige broer vergiftig het, in die Vereeniging-landdroshof voorgekom. Die kleuter het gesterf.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die kind se ma het die oggend van 31 Januarie agtergekom haar jongste seun is weg. Sy was tuis saam met die verdagte en nog twee van haar seuns, 22 en 16 jaar oud. Die ma het eers gedink haar seun speel by die bure, maar toe hy steeds teen 13:00 nie tuis was nie, het sy na hom begin soek.

Later die middag het die 16-jarige sy bokke na ‘n veld, naby die N1-hoofweg, geneem, toe hy glo gesien het hoe die verdagte die vermiste kind se liggaam in ‘n asblik sit. Hy is gekonfronteer, waarna hy die asblik met sy boetie se liggaam na sy ma toe geneem het. Nooddienste is ontbied, maar die kind is dood verklaar.

Die verdagte het homself die volgende dag aan die polisie oorgegee en glo erken hy het sy broer met rottegif vergiftig.

Die hofsaak is vir ‘n formele borgaansoek tot 13 Februarie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief