NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n man (36) wat glo reeds twee dae lank gesoek is, is uit ‘n diep waterput van 11 m in Ronaldsvlei, Kimberley, gehaal.
Lt.kol. Sergio Kock sê Kimberley-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Die man was glo ‘n inwoner van die gebied. Sy liggaam is vandag (Vrydag) omstreeks 11:00 uit die put gehaal, nadat sy familie sy skoene op die water sien dryf het.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om die Kimberley-speurtak by 082 495 4646 te bel.
Die ondersoek duur voort.







