Verdagtes op verskeie aanklagte, insluitend roof van rylopers, gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Sewe verdagtes, tussen 35 en 60 jaar oud, is deur die Mhala-polisie onderskep toe hulle onderweg was om vermoedelik ‘n misdaad te pleeg. Twee vuurwapens en ammunisie is tydens die inhegtenisneming gekonfiskeer.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê misdaadvoorkominsgslede het inligting van die sewe vermeende gewapende verdagtes gekry, wat in drie voertuie ry. ‘n Operasie is geloods en sommige polisielede is strategies langs die Mbubapad in die rigting van Acornhoek, geplaas. Kort voor lank is die drie voertuie opgemerk en voorgekeer. Terwyl twee voertuie met sewe verdagtes voorgekeer is, het ‘n derde voertuig met ‘n Gauteng-registrasienommer daarin geslaag om weg te jaag.

Ndubane sê die twee vuurwapens en ammunisie is gekry toe die voertuie deursoek is. Die verdagtes is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla. Ballistiese toetse sal op die vuurwapens gedoen word om vas te stel of dit moontlik reeds elders in misdrywe gebruik is.

Die moontlikheid bestaan dat nog aanklagte bygevoeg kan word. Die ondersoek duur voort.

Mhala-polisie vra lede van die gemeenskap, ook rylopers, wat beroof is deur verdagtes in ‘n blou VW Polo of ‘n swart VW Polo en Mpumalanga-registrasienommers, om na vore te kom. Dit sluit slagoffers in Acornhoek, Calcutta, Bosbokrand en Hazyview in.

Die verdagtes het Woensdag in die Thulamashe-landdroshof verskyn, waarna die saak vir formele borgaansoek tot 12 Februarie uitgestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief