Massiewe spieëls gee dorp sonlig

Lees ook :

Foto's: Countries of the World, Sunday Roast en Did You Know That?

INTERNASIONAAL. – Rjukan in Noorweë is ‘n dorp wat so diep in die berge geleë is dat sonlig vir etlike maande in ‘n jaar nie sigbaar is nie en dit gevolglik in donkerte gehul is. Massiewe opgerigte spieëls verlig egter nou die donker dorp.

Die prentjiemooi dorpie se inwoners het met ‘n helder plan vorendag gekom. ‘n Sisteem wat Solpeil genoem word, is aangebring en beteken sonpaneel-spieël.

Die massiewe spieëls is op die berge wat die dorpie omring aangebring om die son se trajek te volg en sy strale direk op die dorp se sentrale plein te reflekteer.

Nou het die dorpie selfs gedurende donker wintertye natuurlike sonlig wat op hulle skyn.

Bronne: Countries of the World, Sunday Roast en Did You Know That?

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief