KYK: Brandstigting ondersoek na taxi’s brand

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video JP Smith

WES-KAAP. – Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat minibustaxi’s Sondagaand by die Nyanga-taxistaanplek aan die brand gesteek is. Bykomende polisie-sigbaarheid, is ook ontplooi.

Brig. Novela Potelwa sê die plaaslike polisie en brandweer is na die toneel ontbied en het die voertuie in vlamme aangetref. Drie minibustaxi’s is totaal verbrand en 13 is beskadig. Brandstigting word deur die polisie ondersoek. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Potelwa sê die addisionele lede sal in die gebied bly totdat kalmte herstel is. Die taxi-staanplek is vir pendelaars se gebruik oop gehou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief