Een dood, drie beseer toe vliegtuie bots

Lees ook :

Een dood, drie beseer toe vliegtuie bots fotokrediet: X

ARIZONA, VSA. – Een persoon is dood en drie is beseer toe ’n Learjet 35A gister met ’n stilstaande straler gebots het met aankoms by die Scottsdale-lughawe in Arizona.

Lees ook: Vliegtuigongeluk in Alaska eis 10

Die Learjet 35A wat wou land, het behoort aan die voorsanger van Mötley Crüe, Vince Neil. Hy was nie in die vliegtuig nie. Twee vlieëniers en twee passasiers was in Neil se vliegtuig.

Een persoon is dood in die ongeluk en drie is beseer. Die beseerde persone is na hospitale vir behandeling geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek, maar dit is moontlik dat een van die landingswiele ‘n meganiese fout tydens landing gehad het.

Bronne: NBC News, CNN, USA Today, X

Lees ook: Vliegtuigongeluk in Alaska eis 10

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief