NASA het ’n waarskuwing uitgereik oor ’n asteroïede, die grootte van ’n sokkerveld, wat die Aarde in 2032 kan tref.
Lees ook: SA gaan afvaardiging stuur vir samesprekings met VSA
Die asteroïede kan moontlik op 22 Desember 2032 met die Aarde teen ’n snelheid van 38 000 myl per uur kennis maak.
Volgens Nasa kan die asteroïede ’n gevaar vir die Aarde inhou en die kans dat dit die Aarde gaan tref, het reeds verdubbel. As die asteroïede die Aarde tref, kan dit oor die Stille Oseaan, noordelike Suid-Amerika, die Atlantiese Oseaan, Afrika, die Arabiese See en Suid-Asië ‘n invloed hê.
Die asteroïede sal eers weer in 2028 sigbaar wees om te sien of dit ’n gevaar inhou en of iets gedoen moet word om dit te keer.
Bronne: CBS News, Sky News, Mirror
Lees ook: SA gaan afvaardiging stuur vir samesprekings met VSA





