’n Afvaardiging van Suid-Afrika is van plan om in verskeie lande steun te werf voor samesprekings met Amerika aangepak sal word.
Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei
Die afvaardiging sal na Frankryk, Duitsland, België, China, Brasilië en ander lede van Brics reis om ondersteuning te kry voor die samesprekings met Amerika om seker te maak Amerika neem deel aan die samesprekings.
Suid-Afrika en Amerika het tans ’n moeilike verhouding oor die land se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof, Trump se dreigemente teen Brics en die onteieningswet wat vroeër die jaar deur pres. Ramaphosa geteken is.
’n Amerikaanse minister, Marco Rubio, het ook geweier om die G20-beraad by te woon wat later die jaar in Suid-Afrika sal plaasvind.
Dit is nog nie bekend wie as lede van die afvaardiging na Amerika gestuur sal word nie, maar die Presidensie het gesê die span sal verteenwoordigers van verskeie sektore insluit.
Bronne: BusinessTech, IOL, Jacaranda FM
Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei