Aanvallers gesoek na bejaarde op kleinhoewe oorval is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die aanvallers van ‘n bejaarde man (66) is steeds soek nadat hy op 11 Februarie (Dinsdagnag) omstreeks 23:00 deur sewe verdagtes op ‘n kleinhoewe in Groenkloof, buite Mooinooi, oorval en aangerand is. Die beproewing het deur die nag voortgeduur.

Kol. Adéle Myburgh sê aan Nuusflits die bejaarde het verdagtes op die hoewe van bure, wat nie tuis was nie, opgemerk en ondersoek ingestel. Sewe verdagtes, waarvan twee bewapen, het hom oorval en met ‘n ysterpyp aangerand en die buurhuis inforseer. Die huis is geplunder en ‘n 9 mm-pistool, gaspistool, kontant en juwele is gebuit, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het. Die beseerde man kon omstreeks 05:30 loskom om hulp te ontbied.

Myburgh sê die beseerde bejaarde het mediese hulp van sy huisdokter ontvang. Die polisie ondersoek tans ‘n saak van huisroof. Nog geen arrestasies is gemaak nie.

Enigiemand met relevante inligting oor die insident kan die Mooinooi-speurtakbevelvoerder by 082 416 2415 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief