WES-KAAP. – ‘n Waarskuwing oor die sterk wind wat blaasoppies en moontlike geelpens seeslange na die strande gebring het en ‘n gevaar vir mens en dier inhou, is uitgereik.
Eco Explorer en Conserve Eden in Plettenbergbaai, wat die waarskuwing uitreik, sê beide moet deur mens en dier vermy word. Indien kontak met een van die twee diere gemaak is, moet daar onmiddellik hulp van ‘n hospitaal of veearts verkry word.
“Om met die natuur te leef, beteken gee en neem. Hierdie giftige wesens kan ‘n bedreiging vir ons en ons troeteldiere wees, maar soos met baie ander organismes waarvoor ons nie besonder lief is nie, speel hulle ‘n belangrike rol in die ekosisteem. Daarom moet ons nie poog om hulle skade aan te doen nie, net om hulle te vermy. Deel inligting om veilige naasbestaan en respek vir seelewe te bevorder.”
Bel of WhatsApp die Plett Stranding Hotline op +27 79 463 4837 vir hulp.
Lees meer hier en onder:







