Waarskuwing! Foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.
KWAZULU-NATAL. – Drie mans is Saterdagaand in ‘n enkelkamer in ‘n buitegebou van ‘n huis in Amoutana doodgeskiet.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê ‘n inwoner het skote gehoor en ondersoek ingestel, waarna hy die liggame van sy seun en twee ander mans in die buitegebou op sy erf aangetref het. Rusa is vir hulp ontbied. Reaksiebeamptes het omstreeks 21:50 op die toneel aangekom waar verskeie 9 mm-patroondoppies by die ingang van die huis ontdek is.
Die motief vir die moord is onbekend.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.







