OOS-KAAP. – ‘n Man het Sondag op die N2 in Sidwell in ‘n ongeluk gesterf, waarna Algoa Park-polisie ‘n saak van strafbare manslag vir ondersoek geopen het.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die polisie het net na middernag ‘n klagte oor ‘n ongeluk ontvang. Met aankoms op die toneel is ‘n silwerkleurige Mercedes-Benz en ook ‘n silwerkleurige VW Touran aangetref. Die bestuurder van die Mercedes het gesterf, terwyl die bestuurder van die Touran vir die nodige mediese versorging na ‘n hospitaal geneem is.
Na bewering was die Mercedes-Benz staties agter ‘n geel streep, waarna die Touran in die regteragterkant vasgery het.
Die naam van die oorledene is nog nie beskikbaar gestel nie. Die ondersoek duur voort.





