Ontvangers van Sassa-toelae het nou tot 20 Maart om die goue Sassa-kaart met die swart Posbankkaart te laat vervang. Die aanvanklike afsnydatum was 28 Februarie.
Postbank SA sê jy kan van jou slimfoon af *120*355# insleutel om ‘n instansie te vind waar jy jou kaart kan ruil. Onthou om jou ID saam te neem.
Sassa vra die nuwe kaart moet so gou as moontlik, voor die afsnydatum, verkry word. Moenie tot op die nippertjie wag nie. Meer dienspunte, asook mobiele kantore in landelike gebiede, is landswyd beskikbaar gestel om die proses vinniger af te handel.
Al is die afsnydatum bereik, sal uitbetalings van toelae soos normaalweg plaasvind. Indien jy nie jou kaart geruil het nie, gaan jy ‘n Poskantoor moet besoek om toegang tot jou toelaag te verkry. Na 20 Maart kan jy steeds aansoek toe vir die swart Posbankkaart, maar die goue kaart sal nie meer gebruik kan word nie.






