Tienerseuns vir verkragting van jong meisies gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Twee tienerseuns is Dinsdag in die Colesberg-streekshof vir die verkragting en seksuele aanranding van meisies, onderskeidelik 10 en 11 jaar oud, gevonnis. Beide tieners gaan direkte tronkstraf uitdien.

Kol. Cherelle Ehlers sê ‘n goep kinders het op 12 Februaie 2023 in die veld naby ‘n stortingsterrein gespeel. Die tienerseuns het daar aangekom en die kinders weggejaag, maar die twee meisies laat agterbly. Die meisies is verkrag en seksueel aangerand, waarna hulle die insident aan die polisie gerapporteer het en die tienerseuns gearresteer is. Beide die tienerseuns was ten tyde van die misdaad 16 jaar oud.

Een van die beskuldigdes is vir vyf jaar vir verkragting en seksuele aanranding tronk toe gestuur. Die ander beskuldigde is vyf jaar tronkstraf vir verkragting gevonnis. Beide is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris, het bevestig verkragting van kinders deur kinders is ‘n ernstige probleem in die provinsie. Speur.sers. Willy Isaacs van De Aar-GKS is vir die suksesvolle ondersoek en vonnisoplegging van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief