KYK: Kinders se liggame op strand gekry

Lees ook :

Foto: Lauren Hendricks

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van twee kinders is op Cuttingsstrand gevind. Na kitsvloede wat deur die loop van die nag in die gebied van Umlazi plaasgevind het, is daar na vyf persone, twee mans en drie kinders gesoek.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê egter daar is nie sekerheid of die liggame van twee kinders, die van die vyf wat gesoek word, is nie. Nog twee vroue se liggame is naby Ansteysstrand en naby Brightonstrand aangetref. Beide is dood verklaar.

Die diens is net voor 03:00 vanoggend na die toneel in Gwalastraat, in Umlazi, om die Ethekwini-brandweer en soek-en-reddingseenhede van die polisie en metropolisie by te staan nadat die vermistes na die see toe meegesleur is. Daar is deur opdrifsels gesoek, terwyl nooddienste vir lewendige elektriese drade in hulle pasoppens moes wees. Weens omstandighede moes die soektog gestaak word en is dit met eerste lig hervat.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief