Vrou sterf op vlug, langs passasier in sitplek geplaas

Lees ook :

Foto: Qatar Airways

INTERNASIONAAL. – Mitchell Ring en Jennifer Colin van Australië was op ‘n vlug van Qatar van Melbourne na Doha, onderweg na Venesië, toe ‘n passasier sterf en die liggaam langs hulle in ‘n sitplek geplaas is.

Die egpaar sê die vrou het tydens die vlug van 14 uur gesterf, maar daar is gesukkel om haar liggaam na die besigheidsklas te neem. Die personeel, wat volgens die paar gefrustreerd gelyk het, het rondgekyk en opgemerk daar is oop sitplekke langs hulle. Personeel het vir Ring gevra om uit sy sitplek te skuif om die liggaam daar te kan plaas. Die liggaam is langs hom met ‘n kombers bo-oor, geplaas. Ring moes ten spyte van ander leë sitplekke vier uur langs die gestorwe vrou se liggaam op die vlug deurbring.

Die lugredery is vir hulle optrede gekritiseer en Colin, wat nie ‘n goeie vlugpassasier is nie, sê daar behoort protokol te wees om na die passasiers aan boord te kyk. Nadat hulle geland het, moes Ring steeds langs die liggaam wag, waarna ambulanspersoneel en polisiebeamptes ingekom het.

Qatar-lugredery het in ‘n verklaring aan Australiese media verskoning vir die ongerief wat tydens die insident ervaar is, gevra. Die lugredery het ook simpatie teenoor die oorledene se familie uitgespreek.

Bronne: The Guardian, USA Today BBC en NBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief