Een sterf toe skoolvervoer en ander voertuig bots

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Minibustaxi wat skoolleerlinge vervoer, was vanoggend naby Vryheid in ‘n trompop-botsing betrokke. Een persoon het gesterf, een is kritiek, ‘n verdere vyf is ernstig en nog 17 het geringe beserings opgedoen.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens is na die toneel op die R34. Paramedici het dadelik mediese sorg toegepas om beseerdes te stabiliseer, voordat hulle na hospitale vervoer is.

Een persoon het gesterf voordat paramedici opgedaag het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief