Vrou op plaas ‘oorval, aangerand en beroof’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (54) is glo Saterdag omstreeks 09:30 op die plaas Riverview in die Baroda-distrik in Nxuba (voorheen Cradock) oorval, aangerand en beroof.

Kapt. Namhla Mdleleni sê aan Nuusflits twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, is intussen gearresteer. Rekords dui aan die slagoffer was op ‘n plaas, ongeveer 35 km buite Nxuba, toe twee verdagtes die huis binnestorm en haar glo met ‘n mes gedreig en geld van die kluis geëis het.

Mleleni sê die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld, vuurwapen en selfoon van die toneel gevlug.

Binne 24 uur het gesoute speurders ‘n deurbraak in die saak gemaak. Die geld en vuurwapen is in die twee gearresteerde verdagtes se besit gevind. Beide sal vandag op aanklagte van huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die Nxuba-landdroshof voorkom.

Volgens ‘n plasing op Sammie Breedt se Facebook-blad het die slagoffer se man werkers vir inkopies dorp toe geneem. Die slagoffer het die honde hoor blaf en ondersoek ingestel, waarna sy oorval en aan ‘n stoel vasgebind is. Sy kon haarself na ‘n ruk loswikkel en hulp ontbied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief