Twee mense dood toe voertuig in Duitsland deur skare ploeg

Lees ook :

Twee mense dood na voertuig deur skare ploeg in Duitsland fotokrediet: X

MANNHEIM, DUITSLAND – Twee mense, ’n vrou (83) en man (54), is dood toe ’n voertuig deur ’n skare in Mannheim, Duitsland geploeg het.

Lees ook: Vyf mense by Kersmark in Duitsland dood in aanval

Vyf mense is ernstig beseer en vyf het klein beserings in die voorval opgedoen. Die verdagte, ’n Duitse man (40), is ná die voorval in hegtenis geneem. Hy is nie verbonde aan terreurgroepe nie, maar toon tekens van “psigiese gesondheidprobleme”.

Die verdagte is in die hospitaal na hy homself met ’n vuurwapen geskiet het wat leë rondtes ingehad het.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en verskeie van poging tot moord.

Bronne: BBC, The Telegraph, Sky News

Lees ook: Vyf mense by Kersmark in Duitsland dood in aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief