Beskuldigde gevonnis oor kleuter wat in reistas ontvoer is en sterf

Lees ook :

Foto: Women For Change

GAUTENG. – Nonhlelelwa Matsebula (34) is deur die Johannesburg-hooggeregshof tot 30 jaar tronkstraf vir die ontvoering van en moord op Keeya Mbulawa (4) gevonnis.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Matsebula kan eers na 20 jaar van vonnisuitdiening vir parool in aanmerking kom. Matsebula het op die aanklagte teen haar skuldig gepleit. Die 4-jarige Mbulawa is op 13 Januarie 2024 vir ‘n losprys in Protea, Soweto, ontvoer.

Kapt. Isaac Khubeka het onthul die beskuldigde het by kinders wat in ‘n erf speel, aangesluit en het die kleutermeisie doelbewus ontvoer om ‘n losprys van haar ouers te eis. Die beskuldigde het vir die kleuter sap met tablette gegee om te drink, sodat sy kon slaap, waarna ‘n kabel om haar nek gebind is en ‘n kous in haar mond gedruk is. Die kleuter is daarna in ‘n reistas gesit.

Matsebula is deur die meisie se ma gekonfronteerdie toe sy die toneel wou verlaat. Die beskuldigde het die tas net so gelos en gevlug. Die kleutermeisie het op 17 Januarie 2024 weens komplikasies van verwurging, deur die kabel veroorsaak, gesterf.

Nadat Matsebula se foto op sosiale media versprei is, is sy op 29 Januarie 2024 gearresteer. Matsebula het die misdaad erken en het gesê haar aksies was verkeerd en onwettig.

“Adv. Colleen Ryan het verklaar dat die beskuldigde die volle bedoeling gehad het om die oorledene se ouers af te pers en dat dit wreed van haar was om die ouers hoop te gee deur hulle te laat glo hul kind lewe nog, terwyl sy in werklikheid reeds dood was.”

Nuusflits het voorheen berig die kleuter se ontvoering is ondersoek, maar die klagte is na moord verander nadat sy in die hospitaal gesterf het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief