GAZA. – President Donald Trump het gedreig om elke lid van Hamas te laat doodmaak as die oorblywende gyselaars nie onmiddellik vrygelaat word nie.
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel
Hy het op X gesê hy het vir Israel alles gegee wat hulle nodig het om elke lid van Hamas dood te maak as die gyselaars nie onmiddellik vrygelaat en die liggame van die gyselaars wat dood is, aan Israel oorhandig word nie. Trump het ook inwoners van Gaza met die dood gedreig as hulle nie die gyselaars vrylaat nie.
Dit volg na die Withuis bevestig het dit het direk met Hamas gepraat, maar dit is onbekend waaroor.
Daar is sowat 24 lewendige gyselaars steeds in Gaza en moontlik die liggame van nog 35 gyselaars wat dood is.
Bronne: Daily Post Nigeria, Sky News, USA Today
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel





