Bejaarde met ‘huisroof’ vir dood agtergelaat

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou (74) is Maandag in Foresthaven, Phoenix, aangeval en vir dood agtergelaat.

KZN VIP Protection Services sê die aanval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en kommer oor misdaad in hierdie woongebiede laat ontstaan. Dié diens is vir hulp deur bure van die bejaarde gebel.

Na bewering is die slagoffer deur ‘n verdagte vasgebind en in die badkamer toegemaak, voordat hy die huis geplunder het. Die slagoffer het haarself probeer loswikkel en probeer ontsnap en vir hulp geroep, waarna die verdagte haar glo beetgekry en brutaal aangerand het. Die verdagte het ontsnap voordat ander inwoners die slagoffer te hulp kon snel.

KZN VIP se reaksiebeamptes het noodhulp op die toneel toegepas, totdat ‘n ambulans opgedaag het. Die bejaarde is deur die diens se ambulans-paramedici gestabiliseer en daarna vir verdere behandeling na ‘n mediese fasiliteit vervoer.

Die polisie was op die toneel teenwoordig en ondersoek die insident. Owerhede vra enigiemand met relevante inligting wat kan help om die verdagte vas te trek, om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief