VSA skors SA-ambassadeur oor kommentaar op Trump

Lees ook :

VSA skors Suid-Afrikaanse ambassadeur op kommentaar oor Trump fotokrediet: X

VSA. – Die VSA het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die VSA, Ebrahim Rasool, geskors na hy tydens ’n webinar Donald Trump en die Make America Great Again-beweging gekritiseer het. Hy het gesê Trump en Elon Musk lei ’n globale, wit oppermagbeweging.

Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei

Die Amerikaanse minister, Marco Rubio, het gesê Rasool is nie meer welkom in die VSA nie. Hy het gesê Rasool haat Amerika en haat die Amerikaanse president.

Volgens Ronald Lamola, die minister van internasionale samewerking en betrekking, is die korrektiewe diplomatieke proses om Rasool te skors, is nie gevolg nie, maar die regering sal die besluit respekteer.

Die VSA het gelas Rasool moet die land binne 72 uur verlaat en dat sy diplomatieke voorregte op 17 Maart opgeskort gaan word. Hy en sy familie is gesê om teen 21 Maart uit die land te wees.

Bronne: The Independent, eNCA, The Citizen, The South African

Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief