Cosatu het ’n verklaring uitgereik waarin die vakbond kommer uitspreek oor tariewe wat Donald Trump op Suid-Afrika en ander lande se uitvoere en invoere gehef het. Volgens Cosatu kan sodanige tariewe tot meer werkloosheid lei.
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin
Mense wat onder andere werk in die landbou-, myn- en vervaardigingsektore kan hulle werk verloor, wat die land nie met ’n werkloosheidsyfer van 41.9% kan bekostig nie.
Volgens Cosatu moet die Amerikaanse regering duidelikheid gee oor die impak van die tariewe op die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede (Agoa) waarvolgens die meeste Afrika-lande geen tariewe vir die Amerikaanse mark betaal nie. As die wet geskrap word, kan miljoene werksgeleenthede regoor Afrika in gevaar wees.
Cosatu het ook kommer uitgespreek oor die befondsing vir Afrika en ander lande wat gevries is en die impak wat dit sal hê op mense wat met Vigs lewe.
Die vakbond het ondersteuning uitgespreek vir president Cyril Ramaphosa en die regering en het gesê dit staan saam met die president in verdediging van Suid-Afrika se waardes. Cosatu het gesê geen land kan aan die mense van Suid-Afrika voorskryf nie.
Bronne: Cosatu
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin





