WES-KAAP. – Gleyciane Da Silva Viana (33) ‘n Brasiliaanse vrou en beweerde dwelmmuil, is Sondag op Kaapstad Internasionale Lughawe gearresteer. Die saak is in haar afwesigheid tot 24 Maart uitgestel.
Lt.kol. Siyabulela Vukub sê in ‘n verklaring ‘n multidissiplinêre span het inligting van ‘n verdagte vanaf Brasilië na Kaapstad opgevolg. Die verdagte is geïdentifiseer en buiten kokaïen in ‘n sportsak is daar vasgestel die vrou het ‘n onbekende aantal “dwelmkoeëls” gesluk. Sy is na ‘n hospitaal geneem waar minstens 104 van hierdie kokaiën-dwelmkoeëls uitgewerp is.
Die verdagte is aangekla en het Dinsdag in haar afwesigheid die Bellville-landdroshof verskyn, waarna die saak uitgestel is.





