KWAZULU-NATAL. – Drie leerlinge en ‘n voetganger onderweg werk toe is Dinsdagoggend buite die leerlinge se skool in Pietermaritzburg deur ‘n motor raakgery.
KwaZulu Private Ambulance Service sê die bestuurder van die voertuig het glo ‘n ongeluk met ‘n minibustaxi probeer vermy en in die kinders en voetganger ingeploeg. Mediese behandeling is onmiddellik op die vier beseerdes toegepas, waarna hulle vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.





