Waarskuwing! Die beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel.
WES-KAAP. – Vlieënier James O’Connel het vroeër vanmiddag gesterf toe ‘n Impala-vegvliegtuig omstreeks 15:00 by die Saldanha-lugskou by die plaaslike lughawe ten aanskoue van toeskouers neergestort en in vlamme uitgebars het.
AO Joseph Swartbooi sê aan Nuusflits Saldanha-polisie is uitgeroep na die lughawe waar hulle met aankoms die liggaam van ‘n man, vermoedelik die vlieënier van ‘n vliegtuig, aangetref het. Die man is dood verklaar, waarna ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is.
Sisa Majola van die Burgerlugvaartowerheid het die noodlottige vliegongeluk van die Impala met registrasienommer NU-IMP aan Nuusflits bevestig. Die ongeluk-en-insident-ondersoekafdeling werk saam met veiligheidsbeamptes om voorlopige inligting in te samel op die toneel wat veilig gemaak is totdat ‘n ondersoekspan arriveer. Majola bevestig ‘n voorlopige verslag sal 30 dae na die ongeluk op die SACAA-webtuiste gepubliseer word.
Beeldmateriaal van die vliegongeluk is wyd en syd op sosiale media versprei. O’Connell is as ‘n legende beskryf.
Port Elizabeth SAAF Museum Unofficial Page sê in ‘n sosialemediaplasing: “Pilot James O’Connell, an aviation legend with over 36 years of flying experience, including 25 dedicated to experimental flight testing. James is set to deliver an unparalleled display of skill. With 4000+ hours on Rotary Wing and 1600+ hours on Fixed Wing aircraft, his achievements include leading testing for the South African Air Force A109 LUH helicopter and spearheading the Oryx helicopter upgrade. But that’s not all! James’s unique experience in arctic and Antarctic operations sets him apart. A retired senior officer of the South African Air Force, he advises on flight test matters and holds esteemed positions in aviation associations. Presently, James serves as the Chief Flight Instructor for the Test Flying Academy of South Africa (TFASA).”
Die SA Weermagvereeniging sê op sosiale media: “Die Nasionale Uitvoerende Raad van die SA Weemagvereniging en lede het met hartseer verneem van die afsterwe van James O’Connell (SALM) op 22 Maart 2025. Aan die familie: Mag goeie herinneringe julle dra in hierdie moeilike tyd en op die pad vorentoe. Ons groet jou en ons salueer jou.”





